[go: up one dir, main page]

Albedo

die verhouding van die weerkaatste straling van die oppervlak van ’n voorwerp af tot die hoeveelheid straling wat daarop val

Albedo of refleksiekoëffisiënt is die verhouding van die weerkaatste straling van die oppervlak van ’n voorwerp af tot die hoeveelheid straling wat daarop val. Dit is afgelei van die Latynse woord albedo ("witheid" of "weerkaatste sonlig"), wat op sy beurt afgelei is van albus ("wit"). Dit is dus die weerkaatsende krag van ’n oppervlak. Dit word gemeet op ’n skaal van nul vir geen weerkaatsing van ’n algehele swart oppervlak tot 1 vir die perfeke weerkaatsing van ’n wit oppervlak, en kan ook in persentasie uitgedruk word.

Die persentasie van weerkaatste sonlig in verhouding met sekere oppervlakke.

Die albedo is ’n belangrike begrip in weerkunde en sterrekunde. Die algehele albedo van die Aarde is 30 tot 35% vanweë die wolke in die atmosfeer, maar verskil op die oppervlak omdat dit afhang van geologiese en omgewingseienskappe.[1]

Die term is deur Johann Heinrich Lambert begin gebruik in sy werk Photometria van 1760.

Aarde se albedo

wysig
 
Die Aarde se albedo op wolklose dae in 2003–2004 teenoor die algehele albedo.

Albedo's van tipiese materiale in sigbare lig wissel van sowat 0,9 vir vars sneeu tot sowat 0,04 vir steenkool, een van die donkerste materiale. Die diep skaduwees van holtes kan dieselfde albedo hê as die nul van ’n swartstraler. Wanneer dit van ’n afstand af gesien word, het die oseane se oppervlak ’n lae albedo, nes die meeste woude, terwyl woestyne van die hoogste albedo's van alle soorte grond het. Die meeste grondsoorte het ’n albedo van 0,1 tot 0,4.[2] Die gemiddelde albedo van die Aarde is sowat 0,3.[3] Dis is veel hoër as dié van oseane, hoofsaaklik vanweë die verspreiding van wolke.

Die klassieke voorbeeld van die albedo-effek is sneeu se temperatuur. Wanneer ’n sneeubedekte gebied warmer word en die sneeu smelt, neem die albedo af, meer sonlig word geabsorbeer en die temperatuur is geneig om te styg. Die teenoorgestelde is ook waar: wanneer sneeu vorm, vind ’n verkoelingsiklus plaas. Die intensiteit van die albedo-effek hang af van die grootte van die verandering in albedo en die hoeveel isolasie; daarom kan dit baie groot wees in tropiese gebiede.

Verwysings

wysig
  1. Environmental Encyclopedia, 3rd ed., Thompson Gale, 2003, ISBN 0-7876-5486-8
  2. "Albedo – from Eric Weisstein's World of Physics" (in Engels). Scienceworld.wolfram.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Februarie 2020. Besoek op 19 Augustus 2011.
  3. Goode, P. R. (2001). "Earthshine Observations of the Earth's Reflectance". Geophysical Research Letters. 28 (9): 1671–1674. Bibcode:2001GeoRL..28.1671G. doi:10.1029/2000GL012580. {{cite journal}}: Cite has empty unknown parameter: |month= (hulp)

Eksterne skakels

wysig