1990
jaar
1990 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1985 | 1986 | 1987 | 1988 | 1989 | ◄ 1990 ► | 1991 | 1992 | 1993 | 1994 | 1995 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1990 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
De Klerk en Mandela in Davos | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1990 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 90ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- 16 Januarie – In Pretoria vermoor die pedofiel Gert van Rooyen sy houvrou Joey Haarhoff en pleeg daarna selfmoord. Hy is deur die polisie gesoek in verband die verdwyning van vyf meisies tussen 1988 en 1990.
- 2 Februarie – President Frederik Willem de Klerk van Suid-Afrika ontban die African National Congress en onderneem om Nelson Mandela te bevry.
- 7 Februarie – Die Sentrale Komitee van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie stem daartoe in om sy magsmonopolie te laat vaar.
- 11 Februarie – Nelson Mandela word vrygelaat uit die Victor Verster-gevangenis, naby Paarl, Suid-Afrika, ná 27 jaar in gevangenisskap.
- 27 Februarie – Die Exxonmaatskappy word aan vyf kriminele aanklagte skuldig bevind oor hul rol in die oliebesoedelingsinsident in Alaska.
- 11 Maart – Litaue word van die Sowjetunie onafhanklik.
- 20 Maart – 'n Tornado tref Welkom en meer as 800 huisgesinne in Flamingopark, Rheederpark en Riebeeckstad word dakloos gelaat, twee mense sterf en 98 word beseer.
- 21 Maart – Die voormalige Suidwes-Afrika, nou Namibië, verkry onafhanklikheid van Suid-Afrika, met Sam Nujoma as eerste President.
- 1 April – Transnet word gestig.
- 17 April – Die Sowjetunie stel 'n ekonomiese blokkade teen Litaue in.
- 23 April – Namibië sluit aan by die Verenigde Nasies.
- 24 April – Die Hubble-ruimteteleskoop word vanuit die Ruimtependeltuig Discovery ontplooi.
- 24 April – Gruinard-eiland amptelik vry verklaar van antraks na 48 jaar van kwarantyn.
- 25 April – Tydens 'n verkiesingsvergadering in Keulen word Oskar Lafontaine, die bondskanselierkandidaat van die SPD, deur 'n geestesieke vrou aangeval en met 'n mes gesteek.
- 22 Mei – Hereniging van Noord-Jemen en Suid-Jemen tot Jemen.
- 8 Junie-8 Julie – Die 14de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi word in Italië gespeel, wat deur Wes-Duitsland gewen word.
- 2 Augustus – Irak val Koeweit binne, wat aanleiding gee tot die Golfoorlog.
- 10 Augustus – Die Magellanruimtetuig bereik Venus na 'n 15-maande reis.
- 2 September – Transnistrië verklaar eensydig sy onafhanklikheid van die Sowjetunie.
- 3 Oktober – Hereniging van die Bondsrepubliek Duitsland (BRD; Wes-Duitsland) en die Duitse Demokratiese Republiek (DDR; Oos-Duitsland): Die deelstate van die DDR sluit by die BRD aan.
- 5 November – Rabbi Meir Kahane, stigter van die verregse Kach-beweging word doodgeskiet na 'n toespraak in 'n hotel in New York Stad.
- 11 Desember – Albanië kondig aan dat hy die stigting van onafhanklike politiese partye sal toelaat.
- 23 Desember – Die Republiek Slowenië stem om weg te breek van die Sosialistiese Federale Republiek van Joegoeslawië.
Geboortes
wysig- 4 Januarie – Louis Fouché, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
- 4 Januarie – Marizanne Kapp, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler
- 26 Januarie – Sergio Pérez, Meksikaanse Formule Eenrenjaer.
- 1 Februarie – Moseline Daniels, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.
- 5 Februarie – Charlbi Dean, Suid-Afrikaanse aktrise en model († 2022).
- 7 Februarie – Keshav Maharaj, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.
- 28 Februarie – Georgina Leonidas, Britse aktrise.
- 3 Maart – Gerda Steyn, Suid-Afrikaanse vrouemaraton- en ultramaratonatleet.
- 12 Maart – Karla Pretorius, Suid-Afrikaanse netbalspeelster.
- 16 Maart – Ionut Silaghi de Oas, Roemeense sanger en liedjieskrywer.
- 23 Maart – Prinses Eugenie van York, Britse koninklike en jongste dogter van prins Andrew, en Sarah Ferguson.
- 9 April – Kristen Stewart, Amerikaanse aktrise en regisseuse.
- 10 April – Andile Jali, Suid-Afrikaanse sokkerspeler.
- 15 April – Emma Watson, Britse aktrise.
- 25 April – Jean-Éric Vergne, Franse renjaer.
- 11 Mei – Richard Gadd, 'n Skotse akteur, skrywer en komediant.
- 18 Mei – Simoné Nortmann, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 21 Mei – Scotty Leavenworth, Amerikaanse akteur en komponis.
- 8 Junie – Beuran Hendricks, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
- 2 Julie – Margot Robbie, Australiese aktrise en vervaardiger.
- 4 Julie – David Kroß, Duitse akteur.
- 8 Julie – Kermit Erasmus, Suid-Afrikaanse sokkerspeler.
- 11 Julie – Connor Paolo, Amerikaanse akteur.
- 1 Augustus – Elton Jantjies, Springbokrugbyspeler.
- 10 Augustus – Lucas Till, Amerikaanse akteur.
- 2 September – Marcus Ericsson, Sweedse renjaer.
- 17 Oktober – Patrick Lambie, Springbokrugbyspeler.
- 24 Oktober – Marcel van der Merwe, Springbokrugbyspeler.
- 26 November – Rita Ora, Britse sangeres, aktrise en liedjieskrywer.
Sterftes
wysig- 5 Januarie – S. Ignatius Mocke, Afrikaanse digter en skrywer, joernalis en redakteur (* 1912)
- 7 Januarie – Virginia Lee, Suid-Afrikaanse sangeres van ligte musiek (* 1927).
- 20 Januarie – Barbara Stanwyck, Amerikaanse aktrise (* 1907).
- 25 Januarie – Ava Gardner, Amerikaanse aktrise (* 1922).
- 26 Januarie – Johannes du Plessis Scholtz, 'n Suid-Afrikaanse skrywer, taalhistorikus en kunsversamelaar (* 1900).
- 22 Februarie – Thomas Ochse Honiball, Suid-Afrikaanse spot- en strokiesprentkunstenaar (* 1905).
- 24 Februarie – Johnnie Ray, Amerikaanse akteur (* 1927).
- 7 Maart – Koos Strauss, leier van die Verenigde Party en kabinetsminister (* 1900)
- 3 April – Bernard Glemser, skrywer van fiksie-, niefiksie- en kinderboeke (* 1908)
- 15 April – Greta Garbo, Sweedse aktrise (* 18 September 1905).
- 17 April – Jeff Masemola, Apartheidsaktivis, sterf in motorongeluk (* 12 Desember 1931).
- 23 April – Paulette Goddard, Amerikaanse aktrise (* 1910).
- 25 April – Dexter Gordon, Amerikaanse jazz-musikant (* 1923).
- 18 Mei – Jill Ireland, Britse aktrise (* 1936).
- 19 Mei – Albie Venter, Suid-Afrikaanse rolprentregisseur en -vervaardiger (* 1940).
- 29 Mei – Hussein Onn, Maleisiese Eerste Minister 1976–1981 (* 1922).
- 2 Junie – Rex Harrison, 'n Britse verhoog- en rolprentakteur (* 1908)
- 24 Junie – Pierre de Wet, Afrikaanse rolprentregisseur, vervaardiger en skrywer (* 1909)
- 8 Julie – Hans Faverey, Nederlandse digter van Surinaamse afkoms (* 1933).
- 30 September – Patrick White, Australiese skrywer (* 1912).
- 12 Oktober – Peter Zapffe, Noorse metafisikus, skrywer, kunstenaar, prokureur en bergklimmer (* 1899).
- 14 Oktober – Leonard Bernstein, Amerikaanse dirigent en komponis (* 1918).
- 3 November – Mary Martin, Amerikaanse aktrise (* 1913)
- 8 November – Wolfgang Schmieder, Duitse bibliotekaris en musiekkundige (* 1901).
- 12 November – Eve Arden, Amerikaanse aktrise (* 1908).
- 23 November – Roald Dahl, Walliese kinderverhaalskrywer (* 1916).
- 28 November – Anders Birger Bohlin, Sweedse paleontoloog (* 1898).
- 4 Desember – Edward Binns, Amerikaanse akteur (* 1916).
- 5 Desember – Peter Blum, Afrikaanse digter (* 1925).
- 10 Desember – Daan Retief, Suid-Afrikaanse akteur, radio-omroeper, rolprentregisseur. Bekend as Staal Burger in sy vervolgreekse (* 1921).
- 31 Desember – Dalton Cathey, Amerikaanse akteur (* 1946).